Come And Reason Ministries
Come And Reason Ministries helping you learn to discern.
Come And Reason Ministries
Come And Reason Ministries – helping you learn to discern.
Die boek Daniël bevat beide ware historiese gebeure en profesieë wat op vandag van toepassing is. Die geskiedkundige gedeeltes sluit van die mees inspirerende verhale in die Skrif in: gevangenes wat lojaal aan God bly, is tien keer wyser as diegene wat nie lojaal aan Hom is nie; vyande probeer om God se getroues vas te vang en te vernietig, maar sy volk word uit ʼn vuuroond en ʼn leeukuil verlos – groot stories. Maar in hierdie webdagboek (“blog”) gaan ons fokus op die boek se profesieë, meer spesifiek die profesie van die konings van die noorde en die suide soos in hoofstuk 11 opgeteken.
Die inhoud van Daniël vorm ʼn profetiese patroon. Die verskillende profesieë begin op die tyd, of naby aan die tyd, toe Daniël geleef het, en hulle gaan voort van daardie punt af tot by die wederkoms van Christus, met elke daaropvolgende profesie wat meer besonderhede oor die toekoms gee.
Dan is Daniël 11, ons fokus vir hierdie webdagboek, die laaste in hierdie reeks profesieë en begin weer met gebeure wat in die tyd van Daniël in Persië plaasgevind het.
Die tema wat na vore kom is dat die twee konings (noord en suid) twee filosofieë verteenwoordig wat oor tyd oorgedra word.
Die noorde (Babilon/Persië/Rome) verteenwoordig magte wat daarop aanspraak maak dat hulle in God glo, maar wat die metodes van hierdie sondige wêreld gebruik, spesifiek die oplegging van wet en die dwingende mag van die staat. Nebukadneser het beweer dat hy in Daniël se God geglo het, maar tog ingestelde wet gebruik om dit af te dwing (Daniël 3:28, 29); Darius het beweer dat hy in Daniël se God glo, maar het ingestelde wet gebruik om dit af te dwing (Daniël 6:23–27); en uiteindelik het heidense Rome die pouslike Rome geword, wat daarop aanspraak maak dat dit God verteenwoordig, maar die hele Christendom besmet met die ingestelde wet-leuen wat tot wettige godsdienstigheid in die Christendom lei en sodoende God verkeerd voorstel (Daniël 7:20–25). Die koning van die noorde is dus die stelsel wat geloof in God (kerk) saamsmelt met menslike metodes van ingestelde wette (staat) wat godsdienstige imperialisme vorm.
Die suide (Egipte) dui op magte wat God verloën, soos Farao welbekend gesê het: ” En wie is die Here nogal dat ek na Hom sal luister?” (Eksodus 5:2). Die koning van die suide het sy finale (eindtyd) aanval op die koning van die noorde begin met die Franse Rewolusie, wat alle gode verloën het en die godin van die rede gekroon het, wat die grondslag gelê het vir die opkoms van ateïsme, humanisme en sekularisme in die Westerse wêreld, wat sedertdien teen die koning van die noorde opruk.
Een van die stigters van die Adventiste-kerk het in die boek, Die Groot Stryd, die volgende geskryf (vertaal uit hierdie werk):
“Die groot stad” in wie se strate die getuies gedood word, en waar hulle lyke lê, is “geestelik” Egipte. Van alle nasies wat in die Bybelgeskiedenis aangedui word, het Egipte die bestaan van die lewende God sterk ontken en sy opdragte weerstaan. Geen monarg het meer openlike en hooghartige rebellie teen die gesag van die Hemel gewaag as wat die koning van Egipte gedoen het nie. Toe Moses in die Naam van die Here die boodskap aan hom gebring het, het Farao trots geantwoord: “En wie is die Here nogal dat ek na Hom sal luister om Israel te laat gaan? Ek ken die Here nie, en ek sal Israel nie laat gaan nie!” (Eksodus 5:2). Dit is ateïsme, en die nasie wat deur Egipte verteenwoordig word, sou ʼn stem gee aan ʼn soortgelyke ontkenning van die aansprake van die lewende God en sou ʼn soortgelyke gees van ongeloof en uittarting openbaar. “Die groot stad” word ook “geestelik” met Sodom vergelyk. Die verderflikheid van Sodom in die verbreking van die wet van God het veral in losbandigheid na vore gekom. En hierdie sonde sou ook ʼn uitnemende kenmerk van die volk wees wat aan die spesifikasies van hierdie skrif moes voldoen (p. 269).
Die skrywer gaan dan voort om die Franse Revolusie as die vervulling van hierdie beskrywing te identifiseer. Frankryk was die mag wat Rome binnegekom het en die pous in 1798 gevange geneem het, wat die 1260-jarige bewind van die kerk-staat-unie beëindig het en die opkoms van ateïsme, humanisme en sekularisme ingelui het. Die koning van die suide, wat ateïsme, sekulêre humanisme, goddelose liberalisme en progressivisme verteenwoordig, het met die Franse Rewolusie sy finale aanslag teen die koning van die noorde (kerk-staat-imperialisme) begin. Vandag gaan die koning van die suide voort met sy sterk aanslag teen die koning van die noorde – maar dinge is op die punt om te verander. Kom ons ondersoek die laaste verse van hoofstuk 11.
Hier sal ons ondersoek wat ek dink heel waarskynlik in hierdie verse uitgebeeld word, maar ek bly oop vir die bywerking van my sienings soos die geskiedenis ontvou. Ek is nie dogmaties nie, maar ek stel hierdie idees oop vir bestudering en oorweging deur ander. Daarom, asseblief, as jy insigte het om hierdie verduideliking te verbeter, deel dit asseblief.
***
Vers 40: “In die eindtyd sal die koning van die suide hom aanval, maar hy sal teen die koning van die suide opruk met strydwaens, ruitery en baie skepe en sal die een land na die ander oorval soos ʼn oorstroming.”
Die eindtyd verwys na die tydperk voor die wederkoms van Christus. Die koning van die suide (ateïsme, sekulêre humanisme, goddelose liberalisme, progressisme) sal die koning van die noorde aanval (die Christendom en sy verskillende agentskappe wat poog om hul godsdiens deur middel van dwangregerings te bevorder – soos die verbod op alkohol in die vroeë 20ste eeu, wette wat die huwelik beperk tot een man en een vrou, wette teen aborsie, wette wat homoseksuele in die weermag beperk, ens.).
Oor die afgelope twee eeue het ons gesien hoe die koning van die suide (wêreldlike [sekulêre] humanisme) druk op die koning van die noorde uitoefen (godsdienstige imperialisme) en baie veld gewen het. Tog eindig die profesie nie daar nie. Dit sê dat die koning van die noorde teen die koning van die suide sal uitstorm. En as ons hierdie profesie reg verstaan, beteken dit dat ons op die punt staan om ʼn herlewing van godsdienstige konserwatisme te sien wat politieke mag kry, wat die koning van die suide (wêreldlike [sekulêre] humanisme) aggressief sal omverwerp en vernietig. Die ekstremisme van die goddelose gaan die meeste mense in Amerika te ver druk tot by die punt waar hulle aggressief reageer, daarteen uitstorm en uiteindelik beheer oor die regering neem om hul godsdienstige wette deur te voer en af te dwing.
Nasionalisme is konserwatisme (selfbeskermend, oorlewing van die in-groep, sterk grense, isolering, onttrekking), wat aktiwiteite van die koning van die noorde is. Soos gebeure plaasvind wat die gevoel van chaos, bedreiging, onsekerheid (pes, voedseltekorte, finansiële druk, oorlog, klimaatsverandering, geweld, onluste, ens.) verhoog, sal vrees mense na konserwatiewe houdings (koning van die noorde) terugdryf. In goeie tye, soos tydperke van relatiewe vrede en voorspoed, is kulture geneig om na progressiewe agendas te beweeg. Dus, soos die koning van die suide mag kry en sy agenda bevorder, verval die samelewing al hoe meer, en brei dit te veel uit tot sy ekonomie wankel – dan, wanneer dit gekombineer word met die Bybelse gebeure van die “tyd van benoudheid” op die laaste dag (toenemende geweld en natuurrampe, pes, oorloë, terrorisme), sal dit steun opbou vir ʼn konserwatiewe agenda wat die magte van die koning van die noorde bemagtig om terug te storm.
***
Vers 41: “Hy sal selfs die beloofde land inval. Baie lande sal voor hom val, maar Edom, Moab en die beste dele van Ammon sal uit sy mag ontkom.”
Die beloofde land verwys na die plek waar God by sy mense woon. Die filosofie van die koning van die noorde poog om die harte en gedagtes van mense wat God se gebooie onderhou, binne te dring omdat hulle konserwatiewe beginsels en geloof in God handhaaf. As hulle nie versigtig is nie, sal baie van God se mense vasgevang word in die godsdienstige magspel wat probeer om die koning van die suide teë te staan. Mense van regoor die wêreld sal vir hierdie benadering val en by die -herlewing van die Christelike kerk-staat aansluit.
Regdeur Daniël 11 veg die konings van die noorde en die suide teen mekaar, met die beloofde land (God se mense) in die middel vasgevang. God se volk moet nie met óf die koning van die noorde (godsdienstige imperialisme) óf die koning van die suide (sekulêre humanisme) geïdentifiseer word nie, maar moet apart wees en onderskei word. Dit is een van Satan se strikke om mense in een van hierdie twee filosofiese en politieke kampe te verlei.
Edom (afstammelinge van Esau), Moab en Ammon (afstammelinge van Lot) was nomadies en verteenwoordig mense wat nie by vaste menslike nasies of regerings aangesluit het nie. Dié wat dus hul onafhanklikheid, vryheid en vryheid behou, en daarom vir hulself dink, gaan nie saam met die samesmelting van kerk en staat nie en sal nie onder die mag van die koning van die noorde kom nie.
***
Verse 42, 43: “Hy sal sy mag uitbrei oor baie lande, en selfs Egipte sal nie ontkom nie. Hy sal oor Egipte se skatte, sy goud, sy silwer, al sy kosbare dinge, beheer hê en hy sal ook die Libiërs en die Kussiete onderwerp.”
Egipte is sinoniem met die koning van die suide en dus met ateïsme, sekulêre humanisme, goddelose liberalisme en progressivisme en sal nie die teenaanval van die koning van die noorde (godsdienstige imperialisme; kerk-staat-unie) vryspring nie. Die koning van die noorde sal beheer neem van die bates wat voorheen deur die koning van die suide beheer is – media, handel en eiendom. In die Bybel verteenwoordig Libië en Nubië (of Ethiopië) Afrika (uitgesluit Egipte), wat beteken dat verskeie rassegroepe hulle aan die gesag van die koning van die noorde sal onderwerp. Dit kan ook beteken dat baie van die ondersteuning vir hierdie wêreldwye herlewing van godsdienstige imperialisme van anderskleuriges sal kom. Trouens, die nasies met die hoogste persentasie mense wat godsdienstig konserwatief bly en kerk-imperialisme ondersteun, word vandag in Afrika en Latyns-Amerika aangetref.
***
Vers 44: “Dan sal gerugte uit die ooste en die noorde hom ontstel, en hy sal woedend optrek om baie mense dood te maak en uit te roei.”
In die Skrif word die ooste en die noorde dikwels met God geassosieer:
Terwyl die koning van die noorde (godsdienstige konserwatisme verenig met staatsmagte, wat godsdiens-imperialisme vorm) die magte van die koning van die suide aanval (sekulêre humanisme), is die volk van God in die middel van hierdie twee magte vasgevang. ʼn Boodskap van God gaan na die wêreld wat openbaar dat Hy nie in een van hierdie bewegings is nie – dat sy wet nie soos menslike wette is nie. Dit is ʼn boodskap wat die waarheid oor God as Skepper verlig, wat wys dat sy wette ontwerpwette is –protokolle waarop die lewe gebou is om te werk. Dit is ʼn boodskap wat eer aan God gee omdat dit sy ware karakter van liefde openbaar. Dit is ʼn boodskap wat beide die leuens van goddeloosheid en die leuens van die valse Christendom blootlê. Dit ontbloot die Christendom wat leer dat God se wet soos menslike wette funksioneer en dus ʼn god aanbid wat die bron van toegediende pyn en lyding as straf vir sonde is, as vals.
Die ware volk van God kan nie by een van hierdie menslike bewegings aansluit nie en word deur God geroep om daaruit te kom – om apart te wees (Openbaring 18:4). Hierdie boodskap van God se ware karakter en sy ontwerpwet ontstel die koning van die noorde (godsdienstige imperialisme) en bedreig sy mag, daarom poog hy om al die middele tot sy beskikking te gebruik om die stemme van hemelse waarheid stil te maak en te vernietig.
***
Vers 45: “Hy sal sy koninklike tente opslaan tussen die see en die pragtige berg waar die heiligdom staan. Maar dan sal hy aan sy einde kom en niemand sal hom kan help nie.”
Hier verteenwoordig die tent die koning van die noorde se stelsel van oortuigings, idees, konsepte, protokolle en gesag. Die seë verteenwoordig die see van die mensdom, die mense van die wêreld. Die pragtige heilige berg verteenwoordig die plek waar God woon – die bron van goddelike waarheid, die evangelie. Die koning van die noorde plaas sy mag, aansprake, leuens, verdraaiings, eise, dreigemente, ingestelde wette, valse teologieë tussen God en die mense van die aarde. Tog sal hy uiteindelik misluk en deur die wederkoms van Christus vernietig word.
Beide die koning van die noorde (godsdienstige imperialisme) en koning van die suide (sekulêre humanisme) verteenwoordig Satan se agentskappe, met God se mense vasgevang in die middel. Satan gebruik hierdie twee kante teen mekaar as ʼn lokval om God se mense te verlei of te mislei om een van die twee kante te kies, terwyl albei kante eintlik syne is.
Voorbeelde van hoe hierdie twee kante gebruik word om die volk van God te mislei:
Is ons as Christene in staat om raak te sien dat deelname met óf die koning van die noorde óf die koning van die suide ʼn strik van Satan is, waarin hy mense laat dink hulle veg vir wat reg is terwyl hulle in werklikheid by hom aansluit?
Ek moedig jou aan om beide die koning van die noorde (godsdienstige imperialisme) en die koning van die suide (sekulêre humanisme) te verwerp en die waarheid oor ons Skepper God van liefde te omhels. Kom uit die verwarrende sisteme van hierdie wêreld uit en hê ontsag vir God – en verheerlik Hom deur sy wet van liefde in jou lewe uit te leef.